GEORGE NUUS - Byna drie weke ná George se geliefde 'Wellington Waver', of te wel Rayneé Meyer, in Denneoord aangeval en beroof is, glimlag hy weer breed. Hy is weer op sy pos en ook die eienaar van 'n splinternuwe Samsung-slimfoon.
Na Claire Boltman, Vodacom se Eden-distriksbestuurder, die artikel oor sy aanval in 24 Mei se uitgawe gelees het, het sy die George Herald geskakel om vir Meyer 'n nuwe foon te skenk. Die koerant het haar in kontak met Meyer se ma, Margaret, gesit en sy foon is verlede Vrydag amptelik aan hom in die Vodacom-winkel in Courtenaystraat oorhandig.
"Rayneé maak so baie van ons elke dag glimlag. Vodacom het geweet dat as sy gesteelde selfoon vervang word, ons vir hom sy glimlag sal teruggee. As 'n maatskappy wat plaaslik sterk geanker is, is Vodacom 'n maatskappy wat omgee en mense in moeilike situasies help," sê Boltman.
Volgens sy ma is Rayneé glo baie heilig oor sy nuwe foon. "Hy los die nuwe foon by die huis wanneer hy gaan werk. Ons het vir hom 'n klein ou foontjie gekoop waarmee hy gaan werk. Ons wil vir Claire en die Vodacom-span baie, baie dankie sê vir wat hulle vir Rayneé gedoen het. Ons waardeer dit opreg," sê sy.
Rayneé Meyer is beslis in sy skik met sy nuwe slimfoon.
*Almost three weeks after George's beloved 'Wellington Waver', Rayneé Meyer, was attacked and robbed in Denneoord, he is smiling again. Meyer is back on his spot in Courtenay Street every morning. This time as the owner of a brand new Samsung smart phone given to him by Vodacom. After Claire Boltman, Vodacom's Eden District Manager, read the article about his attack she called the George Herald about giving Meyer a new phone.The newspaper put her in contact with Meyer's mother, Margaret, and his phone was officially handed over to him at the Vodacom store in Courtenay Street last Friday.
Read previous articles:
- Ons "Wellington Waver" aangeval en beroof
- 'Wellington waver' aangeval en beroof
- Wie's die vriendelike man in Wellingtonstraat?
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'