GEORGE NUUS - Wees waaksaam. Só waarsku 'n inwoner van Blanco ander inwoners in die omgewing ná twee verdagte mans in blou oorpakke onlangs by sy huis in Maitlandstraat rondgesnuffel het.
"Ons sou net vinnig uitgaan en het nie ons hekke gesluit nie," vertel hy.
Met sy terugkoms het sy buurman hom vertel dat 'n silver 4x4-bakkie voor sy huis gestaan het. Deur middel van sy geslotekringtelevisiestelsel is die verdagte mans op kamera vaslê.
"Hulle het reg rondom die huis geloop en gevoel aan deurknoppe, gelukkig is niks gesteel nie. Ons was by die polisie en het met gesondheid en ander afdelings ook gepraat, niemand dra enige kennis van die mans nie.
"Ons vermoed hulle is skelms wat 'n kans wou vat. Mense moet waaksaam wees, die inperking bied 'n gulde geleentheid vir inbrekers om kanse te vat," sê die inwoner.
Hy sê een van die mans het iets in sy hand gehad wat soos 'n lang spuitnaald gelyk het, dalk deel van 'n nuwe modus operandi om huise te teiken.
Die mans het om die huis geloop en gekyk of deure dalk ongesluit is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'