GEORGE NUUS - Die ou eikeboom op die Moederkerk se terrein is 'n nasionale gedenkwaardigheid, maar nes die ou Slaweboom voor die Toerismekantoor, sukkel die boom ook met "veroudering".
Twee vrywilligers van Eden-brandweer, David van Niekerk en Emile Conrad, het op eie koste ingespring om die boom te red. Hulle het al die droë takke en takke wat besmet was met swamme, afgesaag en verseël en ook ander takke só gesaag dat die ou boom se vorm weer "natuurlik" lyk.
"Die Moedergemeente en George is hierdie twee jong mans en Eden-brandweer baie dank verskuldig vir die reuse taak wat hulle verrig het," sê Drew de Kock, ‘n lidmaat van die kerk.