GEORGE NUUS EN VIDEO - Bejaardes, kleuters en jeugdiges het vanoggend (22 September) hul erfenis met sak- en aartappelresies en verskeie ander ou boeresporte gevier.
Ofskoon Erfenisdag eers plaasvind op Sondag 24 September, het die gaste entoesiaties fees gevier. Die bedrywighede het by die New Dawn Park-sportterrein plaasgevind.
Die munisipale departement van gemeenskapsontwikkeling het lede van die Pacaltsdorp-dienssentrum, kleuters van Klouterkabouter-kleuterskool in New Dawn Park en studente van Suid-Kaap Kollege na die geleentheid genooi.
Volgens portfeulje raadslid Mercia Draghoender is daar voorsien vir 120 mense tydens hul Erfenisdagvieringe.
Kyk video hieronder.
Kleintjies van Klouterkabouter-kleuterskool: Voor (van links) dans Zandile Kameel (6), Faith Engelbrecht (5) en Miché Joubert (6), met Icosa-raadslid Theresa Fortuin (agter) en die res van hul maatjies.
Die span van gemeenskapsontwikkeling: Van links (voor) is Thozama Zukelwa, portfeulje raadslid Mercia Draghoender, Willbedine Jordaan, Veronique Ferndale, Jonathan Fortuin en Estelle Fredericks.
ARTIKEL & FOTO'S: MICHELLE PIENAAR
VIDEO: BRüMILDA SWARTBOOI
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'