GEORGE NUUS - Mense wat hulde wil bring aan wyle Abrie de Swardt, kan dit Dinsdag (25 Augustus) doen.
De Swardt word om 11:00 uit die NG Moedergemeente George begrawe.
Dit is ‘n familie-geleentheid, maar mense sal aanlyn kan inskakel by die volgende skakel: http://funeral.digitv.co.za/abrie-de-swardt/
As gevolg van die inperkingsregulasies sal lede van die publiek ongelukkig nie die begrafnis in die kerk kan bywoon nie.
De Swardt (70), een van George se bekendste inwoners, is verlede Saterdag (15 Augustus) onverwags oorlede. Hy het aan 'n roeimarathon van die Kwagga Trust by Hoërskool Outeniqua deelgeneem. In 'n stadium het hy blykbaar nie lekker gevoel nie. Hy is op die toneel behandel, maar is later dood verklaar. Hy het vermoedelik aan 'n hartaanval beswyk.
De Swardt was baie bekend in sport- en kultuurkringe. As atletiekafrigter was hy by meer as een geleentheid betrokke by die afrigting van Suid-Afrikaanse spanne by die Olimpiese Spele.
Hy word oorleef deur sy vrou, Sharon en en twee seuns, Abri en Martin.
Verwante artikel: Talle bring hulde aan Abrie
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'