GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua se vokale ensemble het op 1 Mei aan die ATKV/Rapport-Harmonie-koorkompetisie in Kaapstad deelgeneem.
Die geleentheid was deel van die Suidoosterfees se afsluitingsgeleentheid.
Dertig kore het in vyf kategorieë deelgeneem, wat gewissel het van jeugkore tot gemengde volwasse kore.
Die vokale ensemble is as kategoriewenners asook algehele wenners aangewys en is gevra om by die galageleentheid op te tree.
Die vokale ensemble is voor, van links: Eugenie Engelbrecht, Mia Moore, Anika Holtshausen en Shani Ehlers. Ry 2: Mondor Arries, Marize Gouws, Anke van der Schyff, Dominique Janse van Rensburg en Nicklen Gelderbloem. Ry 3: Kerwin Albertus, Karien Burger, Yzanne Potgieter en Thinus Botes. Ry 4: Eckardt Muller, Tasja Zeeman, Luanke Pieters en Francois Maritz. Ry 5 Franco Engelbrecht, Ben van Niekerk en Dylan du Preez.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'