Update
GEORGE NUUS - Die verdagte wat in September 2017 in hegtenis geneem is na die aanval op dr. Jane Prinsloo, het Donderdag 22 Maart weer in die George-landdroshof verskyn.
Die saak is tot 20 April vir verdere ondersoek uitgestel.
Die verdagte, wat na bewering 'n geestesversteurde persoon is, het Prinsloo op 15 September met 'n troffel in die gesig gesteek toe sy besig was om hom by die Pacaltsdorp-kliniek te behandel.
Toe paramedici op die toneel aankom het sy op 'n bed in die konsultasiekamer gelê met beserings aan haar gesig.
Sy is per ambulans na die Mediclinic George geneem.
Die verdagte is drie dae later in hegtenis geneem en sy eerste hofverskyning op 20 September gemaak.
Hy is sedertdien in aanhouding.
Lees vorige artikels hier:
- Geliefde dokter deur pasiënt aangerand
- Update: Patient attacks doctor
- Opvolg: pasiënt val dokter aan
- Woman assaulted at Clinic
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'