GEORGE NUUS - Twee mans van Thembalethu is tronk toe gestuur nadat hulle ‘n vermeende inbreker doodgeslaan het.
Sheleni Sunubuntu (24) en Luvuyo Vanga (26) is elk vyf jaar gevangenisstraf opgelê in die George-streekhof.
Sunubuntu en Vanga het in Mei verlede jaar vir Simphiwe Gwe (26) met ‘n knopkierie en stokke doodgeslaan.
Hulle het Gwe kort na die inbraak in Zone 8 voorgekeer en hom daarvan beskuldig dat hy by hul huis ingebreek het. Hy het vermoedelik ‘n televisie gesteel. Gwe is met ernstige beserings in die George-hospitaal opgeneem waar hy later aan sy beserings beswyk het.
Konstabel Zukiswa Mzini van die Thembalethu-speurdiens het die saak ondersoek.
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA