Gallery
GEORGE NUUS - 'n Klompie vroue het Saterdag 19 Maart 'n gesellige oggend aan huis van suster Maggie Damons spandeer vir 'n heerlike tuintee wat sy aangebied het om geld vir die Cansa Irma Bruschi-sorghuis in te samel.
'n Bedrag van R4 010 is met die geleentheid bymekaargemaak en daarmee het Damons 'n Checkers-geskenkbewys vir die sorghuis gekoop en oorhandig.
Die boodskap wat die gasvrou met die tee wou oordra is dat mense meer betrokke moet raak en uitreik na ander.
Op die program was 'n insiggewende praatjie deur 'n kliniese sielkundige, Roger Jacobs.
Mary Titus, 'n kankeroorwinnaar, het Covid opgedoen en sy het gaste geïnspireer met haar verhaal oor 'n opdraande pad na genesing. Sy was vir drie maande in Mediclinic George waarvan 'n maand op 'n ventilator.
FOTOGALERY: Tuintee vir Cansa Irma Bruschi-sorghuis
Plaaslike sanger John Haas het musiekvermaak verskaf.
Die sonneblom-kleurskema waarvolgens gaste vir die tuintee kon aantrek, het gesorg vir 'n vrolike atmosfeer.
Damons het aan elke gas 'n pragtige sonneblom-kolwyntjie gegee en haar gaste as sonneblomme beskryf, omdat daar van hulle was wat haar gereeld ondersteun wanneer sy 'n geleentheid ten bate van Kansa hou.
Elke gas is met 'n mooi sonneblomkolwyntjie bederf.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'