GEORGE NUUS - Tydens die nasionale week vir ouer persone het Tuiniqua-versorgingsoord se dienssentrum nie laat slaplê nie, maar elke dag 'n ander verrassing vir die inwoners gehad.
Kunstenaars is genooi om op te tree en interessante praatjies is aangebied.
Petrus Moller se vaardige vingers op die trekklavier het die voete behoorlik laat jeuk en dr. Steve van der Walt en sy dogter Karien het bekoor met hul pragtige sangstemme.
Rundell Kollege se laerskoolleerders het diep in die inwoners se harte gekruip met hulle optrede.
Isobel Rohwer van The One Financial Solution het 'n uiters insiggewende praatjie oor testamente aangebied en Morné Koch-Lochner van Norgarivier-kwekery het die gesigte laat blom met sy praktiese wenke oor tuinmaak.
Dit was voorwaar 'n week om te onthou, en dan dink mense nog dit is nie lekker om oud te word nie!
Petrus Moller se trekklavierklanke het die voete laat jeuk.
Rundell Kollege se laerskoolleerders.
ARTIKEL: COENIE RITTER, TUINIQUA
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'