GEORGE NUUS - Die Tuiniqua-versorgingsentrum het weer vir die eerste keer in baie jare 'n verskeidenheidskonsert uit eie geledere gehou - personeel ingesluit. En wat 'n konsert was dit nie!
Van die koor wat uit die staanspoor die gehoor betower het met hul sang, wonderlik begelei op die klavier deur Irene Louw tot skreeusnaakse toneeltjies is gelewer. Daar was ook solosang, fluit- en akkordeonspel, voorlesings, en ballet uit die boonste rakke.
Die deelnemers het gewys dat hulle bitter min van hul talente oor die jare verloor het. Deelnemers en gehoor het dit ewe veel geniet. Die deelnemers het dit so lekker en maklik laat lyk dat ek oortuig is dat die konsert 'n jaarlikse instelling gaan word en elke jaar meer deelnemers gaan trek. Dit was 'n heerlike ervaring vir almal.
Artikel: Coenie Ritter
Eddie en Susara Durrant in 'n toneel wat die gehoor lekker laat lag het.
Pine Pienaar en Charlene van Wyk het gesorg vir prettige balletmanewales.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'