GEORGE NUUS - 'n Werknemer van Tuiniqua-versorgingsentrum, wat op Vrydag 26 Junie positief vir Covid-19 getoets het, sterk goed tuis aan.
"Dit gaan baie goed met die personeellid wat slegs geringe simptome toon. Sy verlang na haar kollegas en die inwoners en kan nie wag om terug te kom werk toe nie. Verder volg ons die protokol soos voorskryf," sê sentrumhoof, Alani Voigt.
Volgens 'n brief wat verlede naweek deur die sentrum uitgestuur is, is dit hul eerste positiewe Covid-19-geval.
Na die toetsuitslae bekendgemaak is, het Tuiniqua onmiddellik streng noodmaatreëls getref soos voorgeskryf deur die departement van maatskaplike ontwikkeling en die departement van gesondheid.
Volgens Voigt het die werknemer geen simptome getoon nie en is gekontak om vir die virus te toets ná 'n familielid, wat in dieselfde huishouding woon, positief getoets het.
"Die personeellid is onmiddellik in selfisolasie geplaas en persone wat moontlik kontak met die personeellid gehad het, is ook onmiddellik in kwarantyn geplaas. Alle publieke areas in die hoofgebou sowel as die versorgingseenheid is ook ontsmet. Kontak tussen inwoners en personeel word, waar moontlik, beperk," sê Voigt.
A Tuiniqua Care Centre staff member who tested positive for the coronavirus on Friday 26 June is recovering at home. According to the centre's manager, Alani Voigt, the staff member only showed mild symptoms of the virus. This is their first Covid-19 patient. "On the confirmation of the test results Tuiniqua immediately activated its emergency Covid-19 plans and implemented stringent safety protocols as directed by the National Department of Social Development and the National Department of Health," says Tuiniqua’s manager, Alani Voigt.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'