Sy is ‘n wykskomiteelid van wyk 4 en beywer haar grootliks vir die opvoeding van die gemeeskap se jeug - die toekoms van Touwsranten.
"Ons kinders leer deeglik van die drie ‘l’e - hulle leer luister, leer en leef, want dit sal hulle op die pad hou en die weg vorentoe wys," vertel Elizabeth.
Die kinders het onlangs geluister na ‘n praatjie oor HIV en Vigs wat as deel van ‘n bewusmakingsprojek aangebied word. Elizabeth en haar span wil die grondslag vir ‘n gesonde toekoms in Touwsranten bou.
Tydens die vakansie gaan ‘n vyf weke lange vakansieprogram aangebied word. Hulle benodig dringend borge vir kos, asook boeke, speletjies, video’s en klere.
As enigiemand kan help, kontak gerus Elizabeth by 074 471 6857.
(1).jpg)
Skoolkinders wat daagliks per bus van Touwsranten na George ry, het gebaat by die praatjie oor HIV en Vigs.