GEORGE NUUS - Die Family Worship Ministries in Wilderness nooi die gemeenskap om hande te vat in die stryd teen kanker en om die Preston Adams Cancer Trust te ondersteun.
'n Biduur sal plaasvind op Sondag 15 Oktober in die Touwsranten-gemeenskapsaal om 15:00.
African Express-busse sal gemeenskapslede vanaf 13:00 by die Life-sentrum in Parkdene, Conville-gemeenskapsaal en die Doc Mission kerk in Proteapark oplaai.
Vir meer inligting kontak Lynda Smit by 078 180 5909.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'