Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die "Battle of the best" is aan die gang by Tekkie Town.
Gert Claassen en Ruan Ferreira, beide bestuurders by die Tekkie Town hoofkantoor, het mekaar die stryd aangesê om te sien wie die meeste verkope deur die dag kan doen.
Elke dag is daar twee nuwe bestuurslede wat mekaar die stryd aansê.
Die doel van hierdie uitdaging is dat die hoofkantoorbestuur in voeling bly met die winkel en kliënte.
As 'n mens na die erns kyk waarmee hierdie bestuurders hul verkope doen, is dit beslis nie 'n stryd wat ligtelik opgeneem word nie.
Kyk 'n video hieronder.
ARTIKEL FOTO'S EN VIDEO: WESSEL VAN HEERDEN, GEORGE HERALD
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'