GEORGE NUUS - Tapas het sy oorsprong in Spanje en is sinoniem met eet en ontspan. Dit bestaan uit ‘n verskeidenheid warm of koue geregte waaraan gaste kuier-kuier kan smul, ideaal vir die somer en vakansietyd wat op hande is.
Op 14 Oktober om 09:00 ontmoet die Suid-Kaap Fynproewersgilde en hulle gaste in die Diaz Hotel se Chef Emporium Restaurant die bekende sjef, Emile Nel.
By hierdie geleentheid gaan hy tapas-geregte demonstreer. Kom leer en proe saam en trakteer jou familie en vriende hierdie somerseisoen met bobaas geregte.
Gaste en voornemende nuwe lede is hartlik welkom. Indien jy belangstel om dit by te woon, kontak Santie van Vuuren by 082 461 0777 om ‘n plek te bespreek teen R170 ‘n kaartjie.
Slegs beperkte sitplekke is beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'