Update
GEORGE NUUS - Vonnisoplegging van die tandarts dr. Ian Venter is Dinsdag 21 Julie weer in die George-streekhof uitgestel. Dié keer omdat die verdediging se maatskaplike werker se voorvonnisverslag nog nie afgehandel is nie.
Vanweë die verslag wat na verwagting eers teen 24 September voltooi sal wees en Venter se regsverteenwoordiger, John Gillespie, wat ander verpligtinge het, is die saak tot 10 en 11 Oktober vir vonnisoplegging uitgestel.
Joanne Barret, woordvoerder van Women and Men Against Child Abuse (WMACA), sê hulle vind die uitstel onaanvaarbaar.
"Ons by WMACA is baie bekommerd oor die tydsduur van hierdie hofsaak en die oortreding van kinderregte met die voortdurende uitstel. Hierdie spesifieke geval word deur konstante uitstelle geteister en ons vind dit totaal onaanvaarbaar. Die kind en sy gesin wat die slagoffers van hierdie misdaad is, moet prioriteit geniet. Misdade soos hierdie moet geensins geduld word nie," het sy gesê.
Lees vorige artikels:
- Streekhofdatum vir tandarts ian venter
- Tandarts na streekhof vir minagting
- Tandarts se lot in April bepaal
- Dentist case progression like pulling teeth
- Venter-saak: Uitspraakdatum in 2018 vasgestel
- Opvolg: Ian Venter-saak
- Saak teen Ian Venter uitgestel
- Tandarts volgende week in hof
- Tandarts in hof oor kinder-pasiënte, kry borgtog
- Plaaslike tandarts kry borg
- Plaaslike tandarts vandag weer in hof
- Dr. Ian Venter gearresteer
- Ian Venter-saak wéér uitgestel
- Ian Venter-saak later weer in hof
- Opvolg: Tandarts ontken betasting
- Tandarts ontken betasting
- Ma van tienerseun getuig
- Tandarts-saak: Ma van slagoffer getuig
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'