TUINROETE NUUS - Navorsing het gewys dat mense wat graag kook, omgeemense is. Elke gereg word spesiaal vir geliefdes gemaak, resepte word geskep of aangepas en vorm lewenslange herinneringe wat jare later steeds gekoester word.
Koskook is 'n refleksie van omgee.
Dit is dan ook die rede waarom die Maart-demonstrasie van die Suid-Kaap Fynproewers te ere is van die duisende mense wat nou onlangs in Turkye en Syria dood, van hul geliefdes geskei of haweloos is nadat hulle al hul besittings verloor het. 'n Toepaslike donasie sal vir die slagoffers gegee word.
Die baie bekende en gewilde sjef, Emile Nel, het onderneem om 'n spesiale spyskaart vir die geleentheid uit te werk. Soos wat altyd die gebruik is, gaan geregte gedemontreer word, waarna die lede en gaste geleentheid sal kry om dit te proe en met spesiale wyne te kombineer.
Die geleentheid vind plaas op 2 Maart by Chef's Emporium Restaurant, Diaz Hotel. Dit begin om 09:00.
Die koste is R250 vir gaste. Lede het reeds betaal deur lidmaatskapfooie.
Persone wat belangstel om die geleentheid as 'n gas by te woon, kan Wendy Bremner by 082 924 2428 kontak om 'n plek te bespreek. Beperkte sitplekke is beskikbaar. Die laaste dag van bespreking vir gaste is 28 Februarie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'