GEORGE NUUS - Inwoners van Borcherds en die res van George word uitgenooi na ‘n staptog wat môremiddag, Sondag 22 Desember, in Borcherds plaasvind.
“Daar is omtrent elke naweek ‘n moord of slagting in Borcherds. Bendegeweld is aan die orde van die dag. Ons wil hiermee ons gemeenskap terugneem en vrede hê. Die woord van God verklaar inmmers, “Not by might, not by power but by the Spirit of God,” sê Linda Smit, een van die organiseerders.
Sy sê in Kaapstad het inwoners die weermag se hulp ingeroep, maar hulle in Borcherds wil met die staptog saam in gebed vir God roep. “God sal vir ons stry…”
Die staptog begin om 14:00 by die Vaal-winkel. Almal is welkom.
In die mees onlangse voorval op 15 Desember omstreeks 21:45 is ‘n 22-jarige man in Garciastraat doodgesteek. ‘n Verdagte (20) is in verband met die moord in hegtenis geneem. Hy het vroeër die week in die George-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'