Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Groot opgewondenheid het vanoggend geheers toe 'n groep mense aan 'n staptog ten bate van kanker deelgeneem het.
Dit was deel van Pink Trees for Pauline-bewusmakingsveldtog oor die gevare van kanker en om fondse in te samel vir die stryd teen kanker.
Die stappers, waarvan sommige pienk gedra het, het na 08:00 begin stap op die verre noordelike deel van die NMU George-kampus.
Hulle het die 5km na Tierkop-hut aangedurf.
Dit is 'n jaarlikse geleentheid.
Johan Nell het al die pad van Graaff-Reinet gekom om aan die staptog saam met sy familie deel te neem. Hy het met 'n pienk das gestap.
Jo-ané Paulsen (links) wat musiek vir die stappers sal verskaf wanneer hulle by die Tierkop-hut aankom. By haar is Caren Botha, organiseerder van die geleentheid.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'