GEORGE NUUS - Inwoners van Hoopstraat langs die treinspoor sit met hul hande in die hare oor die spoorreserwe wat 'n ideale skuilplek bied vir ongewenste elemente.
"Rommelstrooi is aan die orde van die dag. Dis 'n gemors. Ons woon net langer as 'n jaar hier en in hierdie tyd het Transnet die gras nog net een keer gesny," sê een van die gefrustreerde inwoners, Alicia Niemand.
Ná vele klagtes het Transnet die bome afgesaag, maar nie verwyder nie. Van hul eiendom is uit die tuin gesteel nadat indringers die elektriese heining geknip het.
"Hulle moes ons honde iets ingegee het om te slaap, want hulle het daardie aand glad nie geblaf nie. Mense gebruik die area as a toilet en stortingsplek. Ons het self al laat skoonmaak, maar ons is keelvol," sê Niemand.
Transnet se kommentaar word afgewag.
Die spoorreserwe langs die treinspoor wat met Hoopstraat langs loop veroorsaak groot frustrasie onder inwoners daar omdat dit ongewenste elemente lok.
Een inwoner se elektriese heining is geknip en eiendom is uit die erf gesteel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'