GEORGE NUUS - Pieter en Patricia Viljoen gaan Paasfees vier met die gebruiklike Nagmaaldiens wat, as gevolg van inperking, via YouTube deur hul leraars vanaf NG kerk, Blanco uitgesaai gaan word.
Daarna gaan hulle met hul kinders, wat almal in Nieu-Seeland woon, deur middel van Skype nagmaal vier.
Pieter sal uit die Bybel voorlees en 'n gebed doen, waarna elke pa vir sy gesin brood sal breek en wyn sal bedien. "Deur middel van sosiale media is ons bevoorreg om dan op so 'n wyse virtueel almal saam nagmaal te kan geniet," sê Pieter.
"Saterdag sal ons weereens met die kinders deur middel van Skype deelneem aan die opgewondenheid van die paaseierjag wat die paashasie vir elkeen, oud en jonk, agtergelaat het. Regte, egte, eetbare sjokolade!" sê Pieter.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'