TUINROETE NUUS - Die Suid-Kaap Fynproewersgilde en hulle gaste kuier op 2 Junie om 09:00 by sjef Emile Nel aan die Chef's Emporium Restaurant, by Diaz Hotel.
Die oggend se demonstrasies gaan fokus op die voorbereiding van seekosse uit die see se spens.
Van hierdie geregte sal gepaar word met bypassende wyne om sodoende die beste uit die geregte te kry.
Met sjef Emile aan die stuur kan fynproewers en hulle gaste hulle voorberei vir 'n estetiese smaakervaring met geure wat hulle vir altyd sal bybly.
Indien jy belangstel om dit by te woon, kontak Wendy Bremmer (082 924 2428) om 'n plek te bespreek teen R200 'n kaartjie. Beperkte sitplekke is beskikbaar.
Die laaste dag vir bespreking is 27 Mei.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'