GEORGE NUUS - Die polisie in Pacaltsdorp is steeds op soek na twee gewapende rowers wat Donderdag 3 Desember omstreeks 19:50 by 'n winkel in Proteastraat toegeslaan het.
Volgens Pojie het twee gemaskerde mans met vuurwapens die winkel binnegekom, sigarette gebuit en die kasregisters leeggemaak vóór hulle in 'n wit Hyundai-trokkie gevlug het.
Niemand is in die voorval beseer nie en die voertuig is later in 'n oop veld naby die Schaapkoprivier gekry.
"Ons vermoed die rowers het van daar te voet in die rigting van Thembalethu gevlug. Ons ondersoek ook die moontlikheid dat nog verdagtes betrokke was," het Pojie gesê.
Enigiemand met inligting oor die voorval, kan die ondersoekbeampte, ao. Rondganger by 044 803 9130 of 073 946 6473 skakel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'