Update
GEORGE NUUS - George-polisie, Bergsig-, Crime Spotters-, en Denneoord-buurtwag is steeds op soek na drie verdagtes ná 'n gewapende roof in die middedorp Dinsdagaand omstreeks 20:30.
Die voorval het by Watsons-slaghuis se kantore, wat oorkant die slaghuis in Cradockstraat geleë is, plaasgevind toe twee mans deur die verdagtes oorval en beroof is.
Die slagoffers, wat kontant by die kantore se kluis moes aflewer, is deur die verdagtes met 'n vuurwapen gedreig voor hulle van twee sakke geld beroof is.
Skote is afgevuur en die verdagtes het te voet gevlug. Twee skote het 'n sekerheidsvoertuig, wat die afleweringstrok vergesel het, getref. Niemand is in die voorval beseer nie.
Enigiemand met inligting rondom die voorval word gevra om adjudant-offisier Jerome Malan by 044 803 4714 te skakel.
Lees 'n vorige artikel: Business robbed in Cradock Street
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'