GEORGE NUUS - 'n Inwoner van Mosselbaai, André Vermeulen (44) wat op 3 Maart in die vroeë oggendure in 'n motorfietsongeluk oorlede is, se roudiens word op Saterdag, 12 Maart gehou.
Vermeulen, ook bekend as Fielies, het met sy motorfiets op die N2 by die Maalgate-brug tussen Groot-Brakrivier en George verongeluk.
Die omstandighede van die ongeluk word nog ondersoek.
Vermeulen was 'n lid van die Mac's motorfietsklub.
Motorfietsryers kom om 08:00 by Checkers in Yorkstraat, George bymekaar waarna hulle na die ongelukstoneel op die N2 sal vertrek.
Om 09:30 kom roubeklaers by Pieta se Plek in Marshstraat op Mosselbaai bymekaar. Die roudiens begin om 10:00.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'