GEORGE NUUS - Die George-polisie is steeds op soek na die vier rowers wat 'n vrou verlede Donderdagaand 30 Augustus om 19:00 buite Kuyler's Fish and Chips in Knysnaweg van haar handsak, met kontant in, beroof het.
Volgens die polisie het die vrou, 'n werknemer van Kuyler's, pas die winkel gesluit en was sy op pad na haar motor in die parkeerarea toe die voorval plaasvind. By haar motor het vier onbekende swartmans haar genader en een van hulle het haar handsak, waarin geld was, gegryp.
"Sy het haar handsak vasgehou waarna die een rower 'n vuurwapen op haar gerig het. Die band van die handsak het gebreek waarna die verdagtes te voet gevlug het," het sers. Michael Opperman, die George-polisiekommunikasiebeampte gesê.
Die rowers het na verneem word nie ver van Kuyler's af, in 'n motor gespring en weggejaag.
Niemand is nog aangekeer nie.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan die George-speurdiens skakel by 044 803 4715.
*The George Police are still looking for the four unknown men who robbed a woman, an employee of Kuyler's Fish and Chips in Knysna Road, shortly after she locked up shop last Thursday at 19:00.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus