Video
GEORGE NUUS EN VIDEOS - Gemeenskappe in Conville, Rosemoor en Proteapark word geteister deur jeugbendes, waarvan lede so jonk soos sewe en agt jaar oud is.
"Dit is die rede waarom ons vanmiddag in Conville se strate stap. Ons wil bewusmaking skep en vra dat hierdie gedrag stop," het die voorsitter van dié areas se buurtwag, Rudy Lewis, gesê.
Volwassenes en ouer garde word glo geensins gespaar deur die jong bendes nie. Kleingoed loop blykbaar met pangas rond en teister inwoners met gewelddadige optredes.
Buurtwaglede, Conville-polisielede, 'n handjie vol inwoners en pastoor Willem Frans, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum, was onder diegene wat hul Sondagmiddag opgeoffer het vir hierdie bewusmakingsaksie.
Video: Protesoptog in Conville teen jong bende
Video: Protesoptog teen bendegeweld
"Ons staan saam teen bendegeweld" - Rudy Lewis. Foto: Michelle Pienaar
Die protesoptog begin in Fiskaalstraat, Conville. Foto: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'