Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die George-dierebeskermings-vereniging (DBV) se poppekas het op Vrydag 29 Maart, 'n groot impak op die kinders by 'n speelskool in Syferfontein gemaak, want wie sou nou kon raai dat poppekas met diere 'n boodskap beter kan oordra as inligting in 'n pamflet?
Gerda Reynders, die DBV se opvoedkundige bestuurder, sê dit is absoluut wonderlik hoe 'n groot verskil die poppekas maak. Hulle doen dit met 'n liedjie waar verskeie diere mekaar help en inlig oor hoe hulle behandel moet word.
Sy sien hoe kinders se uitkyk en idees verander as hulle na die stories en liedjies luister, teenoor dit wat hulle by die huis vertel word. Die DBV besef, nie almal kan goeie honde- of katkos vir hul troeteldier koop nie, maar pap en aartappelskille het geen voedingswaarde nie.
Die poppekasvertoning doen sy saam met haar kollega, Verdie Alaart. Alaart sê sommige kere is die kinders nog maar klein, maar hulle kry die belangrike boodskap, dat jy jou diere kos, water, liefde, skuiling en oefening moet gee.
Kyk 'n video hieronder:
Die kinders luister aandagtig na die diere se stories.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'