GEORGE NUUS - Geld ander reëls vir polisiebeamptes wanneer hulle die wet oortree en moontlik by dwelmaktiwiteite betrokke is? So vra wetstoepassers en gemeenskapslede van George, wat op voorwaarde van anoniemiteit met die George Herald praat, na 'n voorval verlede naweek by die George-polisiestasie waar 'n polisievrou betrap is met wat vermoed word dalk dwelms kan wees.
Die polisiesersant wat aan diens was, het Sondagaand, 2 Junie, glo 'n pakkie aan 'n vrou in die aanklagkantoor oorhandig waarin daar na bewering tik ter waarde van R20 000 was.
Volgens 'n ingeligte bron het die polisievrou kort voor dit na 'n nabygeleë vulstasie gestap waar sy 'n soortgelyke pakkie ontvang het.
"Sy het teruggekeer na die polisiestasie waarna 'n jong vrou ingekom het en die pakkie by haar gekry het. Voordat die jong vrou die aanklagkantoor verlaat het, het 'n kolonel haar teruggeroep en gevra wat in die sakkie is. Daar is toe op die pakkie beslag gelê," vertel die bron.
"Nie een van die vroue is in hegtenis geneem nie, daar is slegs 'n navraag geopen en die inhoud is in die bewysstukregister ingeboek. Hoekom is hulle nie op die vermoede dat dit dwelms is, in hegtenis geneem en aangekla nie? Geld ander reëls wanneer polisiebeamptes by beweerde dwelmaktiwiteite betrokke is?" vra nog 'n ingeligte bron.
Die George Herald het gister verneem dat die polisiesersant Maandag uit haar pos bedank het.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het by navraag die voorval en die bedanking bevestig, maar het nie verdere besonderhede bekendgemaak nie.
Generaal-majoor Oswald Reddy, die gebiedsbevelvoerder, het by navraag gesê die intergriteit en lojaliteit van elke lid van die polisie behoort bo verdenking te wees en hul optrede moet te alle tye navolgenswaardig wees.
"Korrupsie sal nie geduld word nie, daarom het ek onmiddellik die stasiebevelvoerder versoek om die omstandighede rondom die voorval en die ontdekking van die middel te ondersoek en ook vas te stel hoekom die beampte was geïmpliseer is, nie dadelik in hegtenis geneem is nie.
"Ek veroordeel die voorval ten sterkste. Die feit dat die betrokke beampte bedank het, vrywaar haar nie van vervolging nie. Analise van die middel is geprioritiseer en ons sal 'n volledige ondersoek uitvoer. Daar is geen plek vir korrupte polisiebeamptes in hierdie organisasie nie," het Reddy gesê.
Police are investigating the circumstances surrounding an incident at the George Police Station last Sunday night, 2 June, where a police sergeant was caught with an unidentified substance, possibly tik.
The police woman was on duty in the charge office when she handed a package to a civilian who came in. Another officer who was also in the charge office confiscated the package after becoming suspicious.
The two women were not arrested and the police are investigating this. The sergeant handed in her resignation on Monday.
'We bring you the latest George, Garden Route news'