Die gewapende verdagtes, twee swart mans en twee bruin mans, het daarna in die slagoffer se wit Opel Astra Classic, CAW 58131, gevlug. Die motor is steeds soek.
Volgens adjudant-offisier Gerhard Wiese van die Conville-polisie het die voorval op 3 Oktober omstreeks 23:00 in Proteapark plaasgevind het.
Wiese sê die slagoffer het met sy aankoms by die huis gesien hoe 'n Renault-sedan, waarin die mans was, by sy erf inry. Hulle het 'n stuk papier waarop die woord "lasbrief" staan aan hom getoon en beweer dat hy in besit is van 'n gesteelde skootrekenaar.
"Die verdagtes het die slagoffer in sy huis gedwing waar hulle hom en sy broer met skoenveters vasgebind het. Hulle het die slagoffer se goue trouring, twee silwerhangertjies, geld, klere, tekkies, 'n Nokia C2 en swart Sony CD-speler geneem voordat hulle in die slagoffer se motor gevlug het," sê Wiese.
Hulle het ook al die drank (Whiskey) uit die slagoffer se yskas gesteel.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte, sers. Piet Faniso by 044 803 3301 skakel.
* A man from Protea Park was tied up in his home and robbed by four men who pretended to be policemen on Friday 3 October at around 23:00. The robbers, armed with a firearm, stole his gold wedding ring, two silver chains, cash, a Nokia C2, clothing, tekkies and a black Sony CD player before they fled in the victim's white Opel Astra Classic, CAW 58131, which is still missing. Anyone with information can contact the investigating officer, Sergeant Piet Faniso, on 044 803 3301.



Identikits van drie van die verdagtes.
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'