GEORGE NUUS - Lede van Herold-polisie, korrektiewe dienste en Herold GPF het op 10 April Sophie Smit (95) se woning op die plaas Herold Meander, binne en buite opgeruim en skoongemaak.
Smit, die plaas se oudtse bejaarde, woon saam met haar gestremde seun op die plaas.
Dit vorm deel van 'n inisiatief wat deur bogenoemde betrokkenes begin is en sal voortaan maandeliks plaasvind.
Elke maand sal 'n bejaarde lid van die gemeenskap geïdentifiseer en bederf word om 'n verskil in die Herold-gemeenskap te maak.
Polisielede hou ouma Sophie geselskap terwyl daar met haar woning gewoel word.
Ouma Sophie sit lekker in die son en kyk toe hoe haar woning skoongemaak word.
Smit, die plaas se oudtse bejaarde, woon saam met haar gestremde seun op die plaas.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'