Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Paxton Fielies (17) die prag van Bishop Lavis in Kaapstad wat vanjaar die 13de seisoen van Idols gewen het, het Georgiete Saterdagaand 23 Desember, eerstehands ervaring gegee om haar op die verhoog, by Conville gemeenskapsentrum, in aksie te sien.
Minstens 200 mense het opgedaag om die idols-wenner se sang te beleef. Brandon Adams, stigter van die Preston Adams Cancer Trust, sê die doel van die geleentheid is om fondse in te samel vir kinders wat teen kanker veg.
Ander vermaak wat op die verhoog was sluit optredes van kunstenaars soos; Karoo King, Prerogatives, DMA van Mosselbaai en plaaslike kunstenaars in.
Paxton Fielies agter die verhoog.
Kyk 'n video hieronder:
ARTIKEL: BRÜMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD-JOERNALIS
VIDEO & FOTO'S: MYRON RABINOWITZ, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'