GEORGE NUUS - Familie en vriende van Rachelle Levendal (33) is steeds op soek na haar ná sy op Woensdag 23 Desember vermis geraak het.
Levendal, van Muisvoëlsingel in Pacaltsdorp, is laas gesien op die grondpad na Hansmoeskraal. Sy het egter nie by die huis aangekom nie en is die volgende dag deur haar broer as vermis aangemeld.
Sy is sowat 1,6m lank en het 'n swart denim, swart-en-groen Asics-drafskoene en 'n reënboogkleurige top aangehad.
Enigiemand met inligting word gevra om sersant Vicky Gibson by 044 803 9100 of Stopmisdaad by 08600 10111 te skakel.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Rachelle Levendal (33) word sedert 23 Desember vermis.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'