GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp-kliniek wat vandag gesluit was vir ontsmetting nadat 'n personeellid positief getoets is vir Covid-19, hervat môre, Vrydag 26 Junie, dienslewering.
Nadia Ferreira, distrikswoordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het gesê indien Covid-19 by enige gesondheidsorgsfasiliteit bevestig word, word die hele fasiliteit, of die spesifieke besmette area binne die fasiliteit, tydelik gesluit om die verspreiding van die virus te keer.
"Soos per protokol, sal die fasiliteit of die geaffekteerde gebied ontsmet en diepskoongemaak word in ooreenstemming met die voorgeskrewe standaarde vir infeksiebeheer, en dienslewering sal voortgaan met personeel wat nie 'n risiko inhou nie."
Sy het gesê alle personeel in die betrokke areas word getoets. "Toetse word ook gedoen vir diegene wat as 'n risiko beskou word en hulle sal huis toe gestuur word terwyl hulle op hul uitslae wag. In die geval waar 'n personeellid of kliënt positief is, sal alle noue kontakte gevra word om in kwarantyn te gaan."
Alle noue kontakte is in hierdie geval ingelig, gekeur en ingelig wat die volgende stappe sal wees."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'