SKOLE SPORTNUUS - Cradock was die afgelope week 'n miernes van bedrywigheide. Alle gastehuise was vol-bespreek en restaurantpersoneel het omtrent bontgestaan.
Van 30 Maart tot 4 April het Hoër Landbouskool Marlow hul 30ste Santam o.13 Rugbyfees aangebied waaraan spanne van 30 skole deelgeneem het.
'n Groot klomp belowende spelers in verskeie spanne het gewys wat in hulle steek en nadat die Karoo-weerlig die dag effens vertraag het, het Laerskool Outeniqua se A-span van George in 'n naelbyt-eindstryd vir Eversdal oorrompel met 12 - 3 en is die Outies vir die derde keer in 'n ry as die wenners aangewys.
Lees die volledige artikel op ons susterskoerant, Graaff-Reinet Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’