Die trok was in die rigting van Wildernis onderweg.
Penny Farthing Engineering, die kontrakteurs wat die pad in stand hou, asook ATH-maintenance, die subkontrakteurs, was vroegdag reeds op die toneel.
Sover bekend was net die bestuurder in die vragmotor. Hy is na ‘n hospitaal in George geneem. Die aard van sy beserings is nog nie bekend nie.
Die polisie het nog nie die oorsaak van die ongeluk bekend gemaak nie.
Opruimingswerk was teen 09:30 vanoggend nog goed aan die gang. Die verkeer word herlei en vloei soos normal, sonder ‘n stop/ry-stelsel.
Sien fotogalery.
Lees 'n vorige nuusflits.
.jpg)
Die vragmotor het omstreeks 05:00 omgeslaan.
Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'