Update
GEORGE NUUS - Die bestuurder van die wit Nissan-bakkie wat in Woensdagoggend se ongeluk op die R102 betrokke was, is oorlede.
Reginald Jacobus (63) is deur Metro-nooddienste van die toneel verwyder, maar is met aankoms by die George-hospitaal dood verklaar.
Jacobus se bakkie het omstreeks 11:05 met ‘n Mercedes-vragmotor op die lughawepad naby die Outeniqua-navorsingsplaas gebots.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het Jacobus beheer oor sy voertuig verloor waarna hy reg van voor in die vragmotor vasgery het.
Dit is nog onbekend hoekom hy beheer verloor het.
Volgens die bestuurder van die vragmotor (en sy passasier), het die bakkie oor die middelstreep gekom en in hulle vasgery.
Ten tyde van die ongeluk, was daar geen ander motors op die pad nie.
Leer inligting volg soos dit bekend word.
Lees 'n vorige artikel: 1 persoon ernstig beseer in ongeluk
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS