Update
GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen ná ‘n man se gedeeltelike ontbinde liggaam gisteraand, Woensdag 16 Oktober, langs die N2 naby Pacaltsdorp gevind is.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, is die liggaam, wat omstreeks 18:00 deur ‘n verbyganger aangetref is, vanoggend deur ‘n familielid as die 45-jarige Jan Struis van Syferfontein, uitgeken.
“’n Nadoodse ondersoek is vanoggend gedoen, maar die oorsaak van Struis se dood is nog nie bevestig nie. In hierdie stadium word alle moontlikhede ondersoek.
"Ons doen ‘n beroep op enige persoon met inligting om Pacaltsdorp-polisie by 044 803 9100 of Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel,” sê Pojie.
Lees 'n vorige artikel: Body found next to N2
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'