By die Mediclinic George is geen Nuwejaarsbabas gebore nie.
'n Suster wat by die George-hospitaal se kraamsaal aan diens was, maar nie haar naam genoem wou hê nie, het aan die George Herald gesê die agt nuwe babas was nie buitengewoon baie nie en is eintlik "doodnormaal" vir die hospitaal.
Sy het ook gesê die babas is feitlik almal gesond en vier is reeds op Nuwejaar ontslaan.
Een van die Thabisa Mnono-tweeling van Thembalethu, Imenceba, was nog in 'n broeikas en het met asemhaling gesukkel. Sy tweelingboetie, Imabese, is egter fris en gesond.
Lena Rhode van Parkdene sit langs haar slapende babadogter, Lyla.
'n Moeë Esmeralda Solomons van Bongolethu wys trots haar seun, Lorenzo, wat ook op Nuwejaarsdag gebore is.
Lulama Lingani van Thembalethu met haar seuntjie, Linamandla, wat op Nuwejaar in die George-hospitaal gebore is.
FOTO'S: HUGO REDELINGHUYS, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'