GEORGE NUUS - Die ooievaar was bedrywig in George en minstens drie babas is die afgelope klompie ure vandag op l Januarie by die provinsiale hospitaal gebore.
Layala Jordaan het eerste haar opwagting om 1:01 gemaak.
Sy weeg 3.5kg.Haar ma, Carion Jansen het trots klein Layala aan George Herald gewys. Dis haar eerste kind en ook die eerste kleinkind in die familie.
Carion kom oorspronklik van Uniondale en woon deesdae in Pacaltsdorp. Sy het vooraf geweet dit gaan 'n dogtertjie wees. "Ek gee nie om dat dit 'n dogtertjie is nie. Solank sy net gesond is. Ek is dankbaar die proses is verby. Sy moes al 23 Desember gekom het."
Lyala se pa is ook baie trots op sy dogtertjie.
Busiswa Majala se seuntjie, Katleho is om 1:46 gebore. Hy weeg 3.030 kg.
Busiswa kom van Thembalethu. Dis haar vierde kind. By die huis wag drie boeties vir Katleho. Hulle is onderskeidelik 8, 10 en 13 jaar oud.
Volgens haar sien die familie uit dat hulle huistoe kom. Sy het gehoop vir 'n dogtertjie, maar dis nie 'n probleem dat dit nog 'n seuntjie is nie. Sy is opgewonde. Katleho is op 'n baie spesiale dag gebore.
Busiswa se hoop vir hom is dat hy eendag 'n suksesvolle volwassene sal wees.
Nicole Hermanus se dogtertjie, Luchaida was die derde baba wat die lewenslig aanskou het. Sy is om 7:00 gebore en weeg 2.970 kg.
Nicole is oorspronklik van George en woon deesdae in Glentana. Dis haar eerste kind en ook die eerste kleinkind in die familie. Die dogtertjie se pa is ook bly en so ook die personeel van die DBV waar hy werk
Sy het vooraf geweet dit is 'n dogtertjie . "Ek wou 'n dogtertjie gehad het, maar die oupa en ouma wou 'n seuntjie gehad het.
Sy het by bygevoeg: "Ouma en oupa is meer opgewonde as ons. Hulle gaan haar bederf. Ek is bly sy is op Nuwejaarsdag gebore.
"Sy moes eindelik eers Vrydag 5 Januarie gebore gewees het. Dis 'n verjaardag wat ons nooit sal vergeet nie.
"Die familie was almal vooraf baie opgewonde en sien daarna uit dat ons huistoe kom."
Nicole Hermanus en haar dogtertjie, Luchaida. By hulle staan suster Shahida Hendricks( links) van die George-hospitaal.
Busiswa Majala en haar seuntjie, Katleho. Foto's: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’