GEORGE NUUS - Die ontwikkelingsprojek van die nuwe winkelsentrum in Beachweg, Pacaltsdorp, wat geruime tyd al stilstaan, sal moontlik voortgaan.
Latitude Properties, die ontwikkelaar van die Hartenbos Seefront- kommersiële ontwikkeling, het bevestig dat hulle met die huidige eienaar in gesprek is met die oog daarop om die eiendom (erf 7382) te koop en die projek oor te neem.
Hulle wou nie meer besonderhede verskaf nie, maar het gesê 'n volledige verklaring sal uitgereik word sodra die transaksie beklink word.
Pieter Faurie van African Renaissance het die voorgenome ontwikkeling in 2019 amptelik bekendgestel. Hy het verlede week nie op navrae van George Herald gereageer nie. Die sentrum sou ongeveer 32 winkels bied.
Die siviele kontrakteur op die projek, Buccleugh Contractors, en boukontrakteur, Semper Prima, het kennisgewingborde by die ingang van die perseel aangebring om aan te dui dat hulle retensiereg op die perseel uitoefen. Semper Prima het nie op 'n versoek om kommentaar gereageer nie en Buccleugh Contractors het gesê dat hul regsadvies het om nie kommentaar te lewer nie.
Latitude Properties is die ontwikkelaar en mede-eienaar (saam met die ATKV) van die Hartenbos Seefront-ontwikkeling wat in 2016 geopen het.
Die maatskappy het al verskeie kommer-siële ontwikkelings voltooi.
IN SHORT - Latitude Properties, developers of the Hartenbos Seefront commercial development, confirmed that they are negotiating to acquire erf 7328 in Beach Road, Pacaltsdorp where construction on a commercial development came to a halt months ago.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'