GEORGE NUUS - Die man wat verlede Donderdag in Beachweg naby Hoërskool Pacaltsdorp in ‘n ongeluk gesterf het, word die komende Saterdag, 13 Julie, begrawe.
Raymond Bredenkamp (56) van Rosedale was op sy fiets op pad huis toe, toe hy deur ‘n bakkie getref is.
Die presiese omstandighede rondom die ongeluk is onduidelik en die Pacaltsdorp-polisie het nie op media navrae wat reeds verlede week aan hulle gestuur is, gereageer nie.
‘n Troosdiens vind vanaand om 19:00 in die Pacaltsdorp VGK in Amaryllisstraat plaas.
Die begrafnisdiens Saterdag is om 09:00 by Canestraat 7685 in Rosedale.
Bredenkamp laat sy vrou, kinders en kleinkinders, ouers, susters en ‘n broer agter.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'