TUINROETE NUUS - Die jaarlikse erkenningsgeleentheid van die Hoër Landbouskool Oakdale het op Donderdag 19 Oktober in die burgersentrum plaasgevind.
Dit was weereens ‘n spoggeleentheid waartydens leerders se gawes en talente gevier is en waar hulle vereer is vir prestasies op akademiese-, sport- sowel as kultuurgebied.
Die duxleerder in elke graad is as volg:
- Gr. 8: Duan Rautenbach (gemiddeld 93,66%)
- Gr. 9: Gustav Schutte (gemiddeld 93,07%)
- Gr. 10: Artho Saayman (gemiddeld 91,06%)
- Gr. 11: Kéan Enslin (gemiddeld 90,63%)
- Gr. 12: Schalk Meintjés (gemiddeld 89,92%)
Theo Nel het die Landbouweekblad-medalje ontvang, terwyl Kurt Coetzee met die sportman van die jaar-toekenning weggestap het.
Theo Nel met sy Landbouweekblad-medalje.
Die Stefan Marais-toekenning vir die mees veelsydigste prestasie het vanjaar aan Zandré Conradie gegaan.
Zandré Conradie ontvang die Stefan Marais-toekenning vanaf Pine Marais.
Tydens die geleentheid het verskeie leerders toekennings vanaf Agri Expo ontvang.
Die Verteenwoordigende Raad van Leerders vir 2024 is ook aangekondig met Kurt Coetzee as hoofseun en Deon Viljoen as onderhoofseun.
Kurt Coetzee is aangewys as Oakdale se sportman van die jaar.
Oakdale se verteenwoordigende raad van leerders vir 2024. Voor, van links: Adrian Smith, Deon Viljoen (adjunkhoofseun), Kurt Coetzee (hoofseun) en Joseph van der Merwe. Tweede ry: Zandré Lategan, Daniël Joubert, Jacobus de Villiers, Rico Ferreira, Jandrian Goosen, Andreas Badenhorst en Gustav Schutte. Derde ry: Ruben Bezuidenhout, Marno Meyer, Jannes Snyman, Erick Steyn, Bernard Erasmus, Artho Saayman en Sine Mdlankomo Agter: Tristan Atsell, Dewalt Jonck, Migail Barnard, Zander Groenewald, Hen
Oakdale se duxleerders van links: Duan Rautenbach, Gustav Schutte, Artho Saayman, Kéan Enslin en Schalk Meintjés.
Die groep seuns was wenners by die Agri Expo.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’