GEORGE NUUS - Die George-hospitaal se kraamafdeling was bedrywig op Nuwejaarsdag met vyf babas wat hulle opwagting op die eerste dag van 2022 gemaak het - twee meisietjies en drie seuntjies.
Mediclinic George het geen Nuwejaarsdagbabas gehad nie, maar het 'n seuntjie, Berge Winterbach, op Kersdag verwelkom.
Lynette Siema is die baie gelukkige mamma van 'n fraai dogtertjie.
Francisca Musiyiwa met haar waardevolle Nuwejaarsdaggeskenk - 'n seuntjie.
Elmarie Reens met haar kosbare klein pienkvoet wat op Nuwejaarsdag gebore is - 'n dogtertjie.
Veilig in sy ma se arms. Shahida Macclune se kosbare bondeltjie is 'n seuntjie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'