GEORGE NUUS - George kan vandag op Kersfees spog met twee nuwe aankomelinge.
Klein Lebranth Louw het vanoggend omstreeks 9:30 sy eerste lewenslig in die George hospitaal aanskou.
Sy ma, Julia-Jessica Louw het tydens die George Herald die knapie wat 2.09 kg weeg, trots vasgehou.
Sy het reeds 'n seuntjie en 'n dogtertjie. Sy het vertel sy boetie en sussie is baie opgewonde. "Ons gaan hom baie bederf as hy by die huis is."
Elaine Pieterse het vertel haar dogtertjie, Jody is die grootste Kersfees geskenk wat sy ooit ontvang het.
Jody is kort na 11:00 gebore en weeg 2.4 kg.
Dis nie 'n verrassing vir haar dat Jody op Kersdag gebore is. "Ek het onlangs gedroom dat sy op Kersfees gebore word."
Sy hoop dat Jody eendag 'n dokter word."Sy moet ook babas vang."
Suster Shavonne Louis van die hospitaal het gesê hulle is baie trots op die babas. Sy het bygevoeg: "Dis vanjaar baie baie stil."
Elaine Pieterse met haar dogtertjie, Jody. By haar is haar suster, Gaylin Maggels. Foto: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’