GEORGE NUUS - Die Pietersen-gesin van Die Rus in Blanco het Maandag 16 Desember meeste van hul besittings in 'n huisbrand verloor.
Volgens Portia Pietersen was sy by die werk toe die brand by haar huis begin het.
Die brand is na bewering gestig deur kinders wat met 'n verfspuitblikkie en 'n aansteker naby die huis gespeel het. Die blikkie het vlamgevat en die kinders het dit in die rigting van die huis gegooi waarna die huis aan die brand geraak het.
Geen beserings is aangemeld nie.
"Toe my man daar aankom was dit reeds te laat. Die een gedeelte met die meubels het afgebrand. Hulle kon die kombuis en sitkamer red. My slaapkamer is ook beskadig en die bed het uitgebrand. Gelukkig kon hulle ons klere red," vertel Pietersen.
Enigiemand wat bereid is om skenkings te maak kan dit by die Blanco-gemeenskapsaal afgee.
The Pietersen family of Die Rus in Blanco lost most of their belongings in a house fire on Monday 16 December. According to Portia Pietersen, she was at work when the fire started at her home. "When my husband arrived it was already too late. One part burned down completely, the furniture included. Fortunately, they were able to save the kitchen and living room. My bedroom was also damaged and my bed burnt out," says Pietersen. Anyone willing to make donations can do so at the Blanco community centre.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'