GEORGE NUUS - 'n Model replika van die laaste stoomtrein waarvan Pieter van der Berg van George jare gelede in beheer van was, is die besonderse geskenk wat sy kinders vir hom met sy 80ste verjaarsdag in Desember gegee het.
Van der Berg is deel van 'n al minderwordende geslag wat nog met stoomlokomotiewe die treinwiele laat rol het.
Die model is 'n 24 klas stoomlokomotief 3675. Dit is destyds vernoem na sy dogter Tillie Nel wat in George woon. Net soos op die oorspronklike lokomotief, is haar naam ook voorop die model.
Die model staan op die oomblik aan huis by een van sy kleinkinders in George.
Lees meer hier hierdie week se uitgawe van George Herald en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'