SUID-KAAP NUUS - Die CODED MCC bied op Jeugdag, 16 Junie 'n rit aan om voorraad in te samel vir die South African Water Warriors se uitreik na boere en hul werkers in die droogtegeteisterde Wolwefontein en Kleinpoort.
Die Water Warriors uitreik na dié gebiede is op Saterdag 3 Julie.
Verlede jaar se rit van die CODED MCC in George het 78 motorfietsryers vanoor die Suid-Kaap en Klein-Karoo het saamgery.
Vanjaar reël CODED MCC ‘n donsie-rit in George, Pretoria en Kaapstad. Alle motorfietsklubs en motorfietseienaars word genooi om op 16 Junie aan die rit in die onderskeie plekke deel te neem en nie-bederfbare produkte soos rys, pasta, koffie, suiker, blikkieskos, ens. te bring as skenkings.
Die publiek wat ook wil skenk is welkom om hul bydraes tussen 09:30 en 10:30 af te lewer in die noordelike parkeerarea by Pick n Pay op die hoek van Knysnaweg en Vierdelaan.
Die motorfietsryers vertrek 11:00 van Pick n Pay deur George en Blanco en eindig by Green Leaf op die George-lughawepad. Daar sal looitjies verkoop word en pryse te wen wees.
Rig enige navrae aan Pieter du Plessis van Water Warriors by 076 844 6435 of Renier Volschenk van CODED MCC by 082 566 7382.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'