GEORGE NUUS - Die man wat daarvan aangekla word dat hy David Tarentaal (39) van Borcherds op Vrydag 23 Desember vermoor het, sal weer op Maandag 16 Januarie in die George-landdroshof verskyn.
Dit volg ná die 38-jarige verdagte, Jonathan Esau, glo die slagoffer met ‘n skêr in Brucestraat doodgesteek het.
Esau is kort na die voorval, op aanklag van moord, in hegtenis geneem.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die slagoffer vermoedelik in die straat gestaan toe 'n man hom genader en kontant geëis het.
"Die man het die slagoffer daarna met 'n skêr gesteek. Hy het 'n steekwond aan die bors opgedoen en is op die toneel dood. Die verdagte is later opgespoor en in hegtenis geneem," het Spies gesê.
Esau bly in aanhouding tot sy volgende verskyning.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'